DA ringkop Athol Trollip lig deksel op wat nodig is om Suid Afrika op die DA wentelbaan van vooruitgang te plaas – “Stem, stem, stem!”
“As jy ’n vuil doek ruil moet jy ontsmet, poeier gooi en dan ’n nuwe doek aantrek,” sê DA Federale Voorsitter mnr. Athol Trollip wat meen dat die verwydering van Jacob Zuma as President net ’n rookskerm was vir die ANC om voort te gaan om die land te besteel en te belieg.
Mnr. Trollip het met www.mobserver.co.za gesels oor sy party se 2019 verkiesingsmanifes en verskeie sleutelpunte uitgelig wat sal moet verander om die land stabiel en vreedsaam te hou, en dit is om die ANC uit die kussings te lig in die komende provinsiale en nasionale verkiesings.
Mnr. Trollip het verskeie areas in en om Middelburg besoek waar die ANC volgens hom ’n hand in die voortslepende swaarkry van die gemeenskappe het.
Sy besoek sal afsluit met ’n gemeenskapsvergadering vanaand om 18:00 by die Middelburg Buiteklub waar hy veral klem sal lê op die uitdagings wat die omgewing se boere in die gesig staar, soos grondonteiening en landelike veiligheid.
Mnr. Trollip nooi die hele gemeenskap om hom persoonlik te kom ontmoet en met die party te gesels oor die verandering wat noodsaaklik is om Suid Afrika op ’n wentelbaan na vooruitgang te plaas.
Kiesers moet ook sekermaak dat hulle eerskomende naweek hul onderskeie stempunte besoek om seker te maak dat hulle geregistreer is vir die komende verkiesings wat voor Augustus vanjaar moet plaasvind.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
