News

Hommeltuie loer inwoners af en misdaad neem toe

Boere, wildsplaas en vakansieoord eienaars sê hulle is oortuig dat 'n vlaag misdaad direk verband hou met die skielike toename in hommeltuie.

Helgard Muller, hoof van landelike veiligheid, sê dat daar oor Desember gereeld hommeltuie opgemerk is wat oor plase en lodges vlieg naby Loskopdam.
Terselfdetyd is daar skielik ‘n toename in diefstal, dikwels van eiendom wat versteek is vir die blote oog.

Een van die goed wat gesteel is, is ‘n pomp ter waarde van R25 000 van sy plaas af. Mnr. Muller het gedreig dat hy die volgende hommeltuig wat oor sy plaas vlieg, gaan afskiet. Hy sê dat daar ook hommeltuie is wat in die aand vlieg.

Lees ook: VIDEO: Hommeltuig byna leeukos

‘n Groep mans het by ‘n kroeg in die omgewing gespog dat hulle foto’s van gaste by ‘n bekende lodge se swembad geneem het.

Daar is ook bespiegelinge dat hommeltuie gebruik word om wild te stroop, nadat daar ‘n hommeltuig oor wildsplase in die Avontuur omgewing gesien is.

‘n Plaaslike vlieënier het vertel dat hy al ‘n hommeltuig gesien het uit sy vliegtuig naby die Middelburg Mall, wat op dieselfde hoogte as sy vliegtuig was.
In Gholfsig woonbuurt kla inwoners oor ’n hommeltuig wat hulle afloer.

Die Burgerlugvaart wet op hommeltuie bepaal dat dit glad nie oor iemand ander se eiendom gevlieg mag word sonder toestemming nie, en ook nie so hoog dat dit ‘n gevaar inhou vir ander vliegtuie nie.

Lees ook: Veg terug teen veediefstal: ‘n Halsband vir jou bees en ‘n hommeltuig in die lug

Pappie Maja, woordvoerder by Burgerlugvaart, sê dat mense wat die wet op hommeltuie ignoreer, by Burgerlugvaart of die polisie aangemeld kan word.

Oortreders kan met tronkstraf of ‘n boete van tot R50 000 gestraf word.

Mnr. Maja sê dat Suid-Afrika die eerste land op die kontinent was wat lisensies aan hommeltuig operateurs uitgereik het.
Daar is tans 1 224 kommersiële hommeltuie geregistreer en 1 156 wettige lisensies is uitgereik.

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button