News

Koedoe los in dorp se strate

Daar is weer ’n koedoe los in Middelburg se strate.

Die dorp was verlede jaar in rep en roer nadat ’n jong koedoe oggendverkeer tot stilstand gebring en later by HTS Middelburg amok gemaak het.
’n Foto waar die koedoe ’n sierlike sprong uitvoer in die skool se ouditorium het mense se monde laat oophang.

Hy is later op die sportvelde opgemerk, by ’n motorhawe en uiteindelik agter in ’n erf waar hy verdoof en na ’n wildsplaas geneem is. Die koedoe het egter ’n onkeerbare wandellus gehad en nie eers die plaas se grensdrade kon hom keer nie en hy het die ruigtes van die bosveld in verdwyn en is nooit weer gesien nie.

Nou het ’n vrou van Oribistraat in Kanonkop vanoggend gebel en gesê daar was ’n koedoe in haar erf.
Nog voordat www.mobserver.co.za op die toneel kon aankom het die koedoe weer die strate ingevaar.

Daleen Naude van www.mobserver.co.za is uit op ’n koedoejag en lesers sal op hoogte gehou word.

Dit is ironies dat Laerskool Middelburg Donderdag sy gelukbringer bekendgestel het met die naam Kadoe. Die skool se kenteken is ’n koedoekop en hulle staan bekend as die Koedoekoppe.

Ons is egter verseker dit is nie hulle Kadoe wat ontsnap het nie.

Laerskool Middelburg se gelukbringer met die naam Kadoe is baie gewild maar dit is nie hy wat ontsnap het nie.

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button