Trok slaan om op Stoffbergpad
’n Trok het gisteraand omstreeks 22:00 sowat 10km buite Middelburg op die Stoffbergpad omgeslaan en sy vrag verloor.
Dit blyk dat die trokdrywer beheer verloor het, waarna die trok heen en weer oor die pad geswenk en dwarsoor die pad omgeslaan het.
Die trokdrywer het geen beserings opgedoen nie.
Vroeg vanoggend het padgebruikers laat weet dat ander motoriste versigtig moet wees, aangesien daar nog van die skrootmetaal langs die pad lê en hordes mense stop om dit op te tel. Dit veroorsaak ’n risiko vir ongelukke.
•Die pad was tot omstreeks middernag vir verkeer gesluit vir opruimingswerk.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
