Storm rig groot skade aan by oord
Die storm wat Saterdagmiddag oor Middelburg gewoed het, het groot skade aangerig by Pienaardam Ontspanningsoord en Uitbreiding 24.

Net so skielik soos wat die storm opgesteek het, het hy weer bedaar, maar nie sonder om ’n spoor van verwoesting agter te laat nie.
Inwoners het laat weet van bome wat omgewaai het, die teëls van dakke wat los gekom het, en die Dennesig stortingsterrein het gewemel van bakkies wat vragte blare en takke aanry.

Venessa van Niekerk, van Pienaardam, het laat weet dat hulle kampeerterrein ook erg deurgeloop het.
’n Kollosale boom het omgewaai en op ’n kampeerder se karavaan te lande gekom. Daar het ‘n hele paar tente weggewaai en die oord moes blyplek voorsien aan hulle gaste wat dakloos gelaat was.
Gelukkig is niemand beseer nie.

Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
