News

Bekende polisiekaptein op toneel waar vrou langs pad gesterf het

Awie Geldenhuys, die polisiekaptein wat drie jaar gelede ’n meisie op ’n sypaadjie afgelaai het, word nou weer betrek nadat ’n jong vrou se liggaam Sondagaand langs die Loskopdampad gekry is.

Kapt. Geldenhuys was Sondag op die toneel in Kranspoort waar ’n 32-jarige vrou dood langs die pad gekry is.
Sy is omstreeks 20:00 dood verklaar deur paramedici.

Na wat verneem word is daar op die toneel gesê dat die vrou uit ’n voertuig gespring het.
Daar is gesê dat kapt. Geldenhuys “baie emosioneel” op die toneel was.

Die vrou is onder in Kranspoort langs die pad gevind, met onder andere ernstige kopbeserings.

•Daar is betroubaar verneem dat die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat ook besig is met ’n ondersoek en ’n verslag aangevra het na die lykskouing, wat Maandag gedoen is.

Www.mobserver.co.za het kapt. Geldenhuys Maandagaand gekontak om te verneem of hy weet wat moontlik op die toneel gebeur het. Hy is ook Dinsdagoggend geskakel, maar die oomblik toe hy die joernalis se stem hoor, het hy die foon doodgedruk.

•Kapt. Geldenhuys was drie jaar gelede in die nuus nadat ’n jong vrou in Februarie 2016 in die vroeë oggendure op ’n sypaadjie gevind is.

Videomateriaal het gewys hoe kapt. Geldenhuys haar uit ’n kuierplek dra. Drie ure later het ’n fietsryer haar bebloed op die sypaadjie gevind.
Kapt. Geldenhuys het destyds gesê dat sy self uit sy voertuig geklim het en na die hek gestap het.

Die meisie het later gesê dat kapt. Geldenhuys “vêr” met haar gery het, dat hulle by ’n huis gestop en dat ’n vrou vir haar ’n pilletjie met water gegee het. Sy het ook gesê dat sy onthou het dat hulle weer gery het, maar dat sy niks verder kon onthou nie.

Die oggend wat sy gekry is, was haar ken lelik oopgesny en haar klere was vol bloed. Haar hande was ook stukkend en sy het gekla dat haar arms “gevoelig is.”

•Die videomateriaal het destyds ook gewys dat die meisie saam met jongmense gekuier het en dat kapt. Geldenhuys omstreeks middernag opgedaag het en later kort-kort vir die meisie ’n drukkie gegee het.

Omstreeks 01:45 het sy saam met kapt. Geldenhuys en ’n ander onbekende man by die kroeg gekuier. Vandaar is sy na die badkamer waar sy etlike minute spandeer het.
’n Ruk later het sy uit die badkamer gekom, maar was heeltemal onvas op haar voete. Sy het gestruikel en het kapt. Geldenhuys haar op sy rug gedra.

•Alhoewel die meisie se ouers vantevore by die betrokke huis gebly het waar sy op die sypaadjie gekry is, het hulle al ’n geruime tyd nie meer daar gebly nie.

Die meisie se pa was destyds woedend, want hy het aangedui dat sy kind nie daar sou uitgeklim het nie, aangesien hulle al ’n paar jaar nie meer daar gebly het nie.

 

Video materiaal van voorval waar vorige meisie uit die kroeg gedra is.

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button