Ontvoerings is alles fopnuus
Sosiale media was die afgelope twee weke weer aan die gons met vals berigte oor kinders wat byna ontvoer is.
Die Middelburg Observer het verlede week berig dat die polisie se provinsiale kantoor ’n verklaring uitgereik het na gerugte van kinders wat in Mhluzi ontvoer is.
Brig. Leonard Hlathi het gesê dat daar geen sulke klagtes by die polisiestasie geopen is nie.
Hierdie week was daar weer gerugte wat die rondte gedoen het dat ’n kind by Laerskool C.R. Swart ontvoer is. Die skoolhoof, mnr. Pieter Fouché, sê dat hy ook die gerugte gehoor het. Hy het toe dadelik al die kinders in die skool laat tel en die leerlinge wat afwesig was se ouers is gebel. Daar was niemand vermis nie.
Mnr. Fouché sê dat hulle ook op die skool se kameras gaan kyk het of daar iets verdags gebeur het, maar niks kon sien nie.
Lees ook: Ma is rasend van bekommernis oor seun
Hy sê dat die storie nou al soveel stertjies by gekry het, dat hy tot gehoor het hoe een van sy manspersoneel heldhaftig ’n kind uit ’n kar gepluk het toe iemand die kind wou ontvoer.
“Dit is nie waar nie. Dit is alles leuens. Ek weet nie waar die stories vandaan kom of wat die doel daarvan is nie, maar dit is beslis onwaar,” het mnr. Fouché aan die Middelburg Observer bevestig.
• Die enigste bevestigde sake van ontvoering en poging tot ontvoering was toe Katlego Marite verlede jaar in eMalahleni ontvoer is. Sy ontvoerders het ’n losprys in die vorm van Bitcoin geëis.
Dieselfde ontvoerder het na bewering daarna probeer om ’n meisie in Aerorand te ontvoer. Sy het egter keel opgesit terwyl sy na ’n motor gesleep is. Lede van die gemeenskap het haar hoor skree en kon haar red, wat haar ontvoerders genoodsaak het om te vlug en hul motor agter te laat.
Dit is juis deur die motor en leidrade daar binne, wat twee verdagtes, Sithabiso Mchunu (31) en Ndumiso Sithole (30) later agter tralies laat beland het. Hulle het reeds in beide in die Middelburghof op poging tot ontvoering en in die Witbankhof op klagtes van ontvoering verskyn.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
