News

CJ steeds weg

CJ Niewenhuis, die seun wat Saterdag verdwyn het vanaf hul huis in Groenkol, is steeds weg.

Sy ma, Yvonne, het Sondag gesê dat hy selfmoordneigings het en op medikasie is. Sy het gevra dat as hy by enigiemand is, dat hulle haar of die polisie dadelik moet kontak.
“Ek weet nie hoekom mense plasings op Facebook en ander sosiale media maak dat hy gekry is nie! CJ is beslis nog nie gekry nie!”

’n Vermiste persone saak is geopen by die polisie en die “Pink Ladies” Organisasie, wat hulle toespits daarop om vermiste persone te help opspoor, het ook sy foto op hul blad geplaas.

Lees ook: Vyftienjarige seun met selfmoordneigings verdwyn

Ten tyde van sy verdwyning het CJ ’n swart hemp en baadjie aangehad, ’n rooi en swart keps, en swart skoene.

Hy is skraal gebou, het bruin oë en swart hare. Hy het drie oorbelle (twee een kant en een aan die ander kant) en ’n gaping tussen sy voortande.

As iemand weet waar die seun hom bevind, bel die Middelburg Polisie by 013 249 1600/1611 of die Pink Ladies by 072 214 7439 of 083 378 4882 of 08600 10111.

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button