News

Gesteelde motorfietse in stukke op pad na grens gevind

Drie motorfietse wat in die laaste week in Middelburg gesteel is, is Saterdagoggend in stukke op ’n sleepwa, wat onderweg was na Mosambiek, gekry.

Vier Mosambiekers, waarvan een ’n vrou, is ook gearresteer en verskyn vandag in die hof op Barberton. Hulle is: Olga Antonio Dzimba (van eBalenhle, Secunda), Samuel Macavele (van Mosambiek), Fernando Matisse (van Mosambiek) en Carlos Khoza (van Mosambiek).

•Die eerste motorfiets, die vierwielaangedrewe motorfiets van mnr. Louis Roos, is verlede Dinsdag in die vroeë oggendure uit die erf gesteel in Hospitaalstraat (Clubville).

Die booswigte het die motorfiets vanaf die sleepwa gehaal en oor sy vrou se kar getel om dit in die hande te kry. Die sleepwa met motorfiets het agter haar kar gestaan.
Die diewe het hul twee honde vergiftig.

Die bussie en sleepwa wat afgetrek is. Die verskillende motorfietse se stukke is op die sleepwa gekry.

’n Huurder wat in ’n woonstel op die perseel bly, is omstreeks 03:00 gewek deur die geblaf van hul hondjie, maar het weer aan die slaap geraak. Hulle vermoed dit is toe dat die motorfiets gesteel is.

•Net twee dae later, Donderdag om 02:30 is mnr. Andry Raynard se BMW motorfiets uit sy erf in Koos de La Reystraat gesteel. Een van die bure se sekuriteitskameras het later gewys dat vier persone daardie tyd sy motorfiets in die straat afstoot.

Lees ook: Deelname aan kampioenskappe van die baan met diefstal van vierwiel motorfiets

•Nog ’n dag later, Vrydag in die vroeë oggendure, is ’n Harley Davidson uit ’n sekuriteitskompleks in Maricostraat (Groenkol) gesteel.
Die eienaar van die motorfiets (wat anoniem wil bly) sê iemand wat oorkant die pad bly, het gemeld dat hy om 02:40 gesien het hoe vier mense ’n motorfiets om die hoek stoot.

•Mnr. Albert Gryvenstein, van Bossies Community Justice in Nelspruit, het gister vertel dat hulle Saterdag in die vroeë oggendure inligting ontvang het dat ’n voertuig met gesteelde motorfietse op ’n sleepwa, vanaf Middelburg se rigting op pad grens toe is.

Omstreeks 05:00 Saterdagoggend het hy vanaf Badplaas die voertuig, ’n bussie met ’n sleepwa, begin agtervolg.

Kort nadat die polisie skofte geruil het, het hy die Barberton polisie en ander sekuriteitsfirmas gekontak om die voertuig voor te lê by die Barberton afrit. Hulle het die voertuig afgetrek en deursoek.

Die motorfietsparte is gevind en dadelik op Facebook geplaas.

Mnr. Roos vertel dat ander deelnemers aan veldrenne unieke gedeeltes van sy motorfiets herken en hom dadelik gekontak het.
Na aanleiding van die stukke van ander motorfietse, het hulle ook die spoor gevolg en die eienaars opgespoor.
Mnr. Gryvenstein sê daar is so baie stukke op die sleepwa gevind, dat daar moontlik nog ’n vierde motorfiets ook tussenin kan wees.

•Die eienaar van die Harley Davidson het gesê dat hy “tegelyk gelukkig en ongelukkig is. Ek is bly hy is gekry, maar ongelukkig omdat hy nooit weer dieselfde gaan wees nie. Ek sal altyd wonder of hy nog veilig sal wees, al sit hulle hom weer aanmekaar.”

•Mnr. Roos sê al kry hy net al die parte terug wat hy op die foto’s gesien het, is hy bly, want van sy vierwiel se parte het hy vanaf Amerika af ingevoer. “Dié wat ek gesien het is al klaar R50 000 werd!”

Hy het aangedui dat as hy ál die parte van sy vierwiel motorfiets terugkry, hulle dag en nag sal werk om dit aanmekaar te sit, sodat hy aan opkomende kompetisies kan deelneem.

•Aldrie motorfiets-eienaars het mnr. Gryvenstein, asook die Barberton Polisie en Hi-Tech Sekuriteit bedank vir hul blitsige optrede.

•Bossies Community Justice is ’n nie-winsgewende organisasie wat hulle hoofsaaklik toespits op ondersoeke van rooftogte en plaasanvalle in noue samewerking met die polisie en ander sekuriteitsfirmas.

Vir navrae oor hul werskaamhede bel mnr. Gryvenstein by 082 567 5212,

•Saam met die motorfietse is daar ook drie televisiestelle en ’n rekenaar in die voertuig gevind.

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button