News

Vermiste seun: ma jaag agter alle leidrade aan

Die vyftienjarige CJ Niewenhuis se ma, Yvonne Taljaard, sê sy voel soos “’n lewende lyk” omdat sy al vir twee dae nie slaap of eet nie en net agter alle inligting aanjaag, nadat haar seun verdwyn het.

Me. Taljaard sê iemand het haar gekontak en gesê “dit het gelyk soos CJ wat vanoggend saam met ’n klomp mense in ’n kar uitgery het op die ou Witbankpad. Ek wil nie sê dis dalk hy nie, want dan gaan mense dalk nie aanhou soek na hom nie!”

Lees ook: CJ steeds weg

Daar is ook vir haar gesê dat hy Sondag saam met mense by die Middelburgdam gesien is in ’n wit BMW en ’n grys bakkie.
“Ek is Nasaret in met ’n foto van my kind en het die foto rondgewys, maar niemand het hom gesien nie!”

Lees ook: Vyftienjarige seun met selfmoordneigings verdwyn

Me. Taljaard het aangedui dat sy nou weer Middelburgdam toe gaan ry om te gaan hoor of iemand nie meer inligting het oor die voertuie waar CJ gesien is nie.

•As iemand weet waar die seun hom bevind, bel die Middelburg Polisie by 013 249 1600/1611 of die Pink Ladies by 072 214 7439 of 083 378 4882 of 08600 10111.

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button