Baba Charmé Faithlynn Gertenbach is op 25 weke gebore. Sy is van haar geboorte vir 18 ure bloot warm gehou en suurstof gegee om te sien of sy gaan bly leef.
Sy is daarna in die Middelburg Hospitaal se intensiewe eenheid behandel.
Alhoewel Faithlynn verbete aan die lewe geklou het, is sy op 2 Januarie oorlede weens komplikasies met haar asemhaling.
’n Nie-winsgewende organisasie wat geld insamel vir siek kinders, Child Medi Organization, het begin geld insamel om Faithlynn na ’n privaat hospitaal se neo-natale eenheid te skuif. Sy sou die dag van haar dood oorgeplaas word na die Kosmos Hospitaal in eMalahleni.

Faithlynn se ma, Jolene Steyn, sê dat hospitaalpersoneel voor haar dogtertjie se dood vir haar gesê het dat daar komplikasies is. Die dokter aan diens het haar toe laat roep en gesê hy wil haar sien.
“Toe ek in die saal instap, toe sien ek Faithlynn se monitor is af. Toe weet ek, my kind is dood.”
Haar dogtertjie is in die Middelburg begraafplaas by haar oupa en oupagrootjie begrawe.
“Al is my hart seer, weet ek my kind is nou op ’n beter plek,” sê me. Steyn.
Lees ook: The journey of a premature baby
• Die geld wat namens Faithlynn ingesamel is, sal deur die organisasie gebruik word om ’n ander kind in mediese nood by te staan.
• Faithlynn se ouers was vol lof vir die behandeling wat hulle by die Middelburg Hospitaal gekry het. Me Steyn het ’n beroep op die publiek gedoen om ’n ys/vrieskas en mikrogolf vir die Middelburg Hospitaal se kraamafdeling te skenk.
“As jy daar is en jy melk uit, moet jy die melk wat jy nie gebruik nie, weggooi want daar is nie ’n ys of vrieskas om dit in te stoor nie.”
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
