News

Gebede vir myners

Daar het niks van sakeredder Louis Klopper se verwagte aankondiging oor die toekoms van Optimum en Koornfontein myne verlede Vrydag gekom nie.

Dreigende hofsake en krediteure wat reddingsplanne blok, is volgens hom ’n rots in die pad in die soektog na ’n geskikte koper vir die myne.

“Daar is ’n fynbeplande poging deur Gupta lakkeie om ons op elke reddingsplan te stuit, intussen duur onderhandelinge met moontlike kopers voort,” het Klopper Donderdag bevestig.

Daar sal Saterdag om 07:00 gebid word op die hoeke van Harry Gwala- en Walter Sisulustraat vir die geaffekteerde myners.
Die gebedsketting sal gelei word deur pastoor Peet Fourie.

Munisipale amptenare moes Woensdag ook bontstaan toe ’n groot groep myners ’n optog daarheen gelei het en aangedring het op ingryping, om ’n ramp vir die ANC by die stembusse te verhoed.

Meer as 500 myners en hulle gesinne het ’n ononderhandelbare ultimatum aan die ANC tydens die optog gestel: “Help ons of ons stem nie!”.

Die myners het geweier om te verdaag tot die LUR vir samewerkende regering, mnr. Speedy Mashilo, na hulle kom luister.
Mnr. Mashilo moes desnoods deurjaag Middelburg toe om die myners te kalmeer.

Mnr. Robert Xaba, die ANC se verkiesingshoof in Steve Tshwete sê dat die plaaslike en provinsiale ANC nou saam met die myners sal opruk Luthuli Huis toe om ingryping van minerale minister, mnr. Gwede Mantashe, te eis.

“Hierdie myners het reeds alles verloor, insluitende hul huise en karre, die situasie kan eenvoudig nie langer uitgerek word nie,” sê mnr. Xaba.

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Back to top button