Motorfiets trek tot in tuin
Net sewe maande nadat ’n pa dood verongeluk het met sy motorfiets, was sy 19-jarige seun ook in ’n motorfietsongeluk.

Jeawandré Stoltz (19) het steeds erge pyn weens skaaf en snywonde wat hy opgedoen in die motorfietsongeluk.
Sy ouma, Kotie Raats, sê dit was vir haar ’n geweldige skok toe hulle haar laat weet dat haar kleinseun in die ongeluk was.
Me. Raats en haar man, Kiewiet, kyk sedert haar skoonseun, André, se afsterwe, na haar kleinseuns, Jeawandré en Rijeardo (16).

Die seuns se pa het in Julie verlede jaar in ’n ongeluk naby die ouetehuis gesterf, nadat sy motorfiets met ’n voertuig in Walter Sisulustraat gebots het. Hul ma, Lizelle, is in 2011 aan kanker oorlede.
Jeawandré sê hy was die oggend van 26 Januarie onderweg huis toe, toe die stuurstang van die motorfiets naby die Kees Taljaard Stadion, by die hoek van Springbokstraat, skielik vasgehaak het.
Jeawandré sê hy het geen beheer oor die motorfiets gehad nie.

“My motorfiets het reguit in die rigting van ’n aankomende voertuig beweeg en ek het besluit om maar af te spring.”
Hy het oor die teer en sypaadjie gerol, terwyl sy motorfiets die sypaadjie getref, bo-oor ’n heining gevlieg en in ’n tuin te lande gekom het.
Paramedici van ER24 was binne minute op die toneel en hy is na die Middelburg Provinsiale Hospitaal geneem.
Weens die geweldige diep wonde op veral sy regterheup en been, kan hy steeds nie loop nie.

“Hy het nog baie pyn, maar ons is dankbaar dat ons kleinseun oorleef het en nie bene gebreek of kopbeserings opgedoen het nie.”
•Hulle het dankie gesê vir die persoon wat dadelik hulp ontbied het, asook die span van ER24 wat so gou daar was. “Baie dankie ook aan Middelburg Hospitaal wat so mooi na Jeawandré gekyk het.”

Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
