Kyk hoe steel man nommer op posbus
’n Man het doodluisters vanoggend in die vroeë oggendure ’n posbusdeksel afgehaal, waarskynlik vir die kopernommer daarop.

Op CCTV videomateriaal kan ’n mens sien hoe die man na die posbus loop en die dekseltjie, waarop die koper straatnommer vasgesit is, loswoel en wegstap.
Mnr. Hannes van Eeden sê dit het om 03:29 by sy huis in Lilacstraat (Kanonkop) gebeur.
Hy is gewoonlik daardie tyd van die oggend op, maar is tans met verlof en het ’n bietjie later gelê.

Die oomblik toe hy sy vrou se karretjie uittrek, het hy gesien die posbusdeksel met die nommer daarop is weg.
“Dit is natuurlik ’n druggy wat dit wil verkoop vir dwelmgeld!”
•As enigiemand die dief herken, bel mnr. Van Eeden by 082 770 3010.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
