VIDEO – Een van Middelburg se gesogste kommersiële erwe nou heenkome vir dwelmhandelaars
Walter Sisulustraat 53 is ’n oogseer wat die Steve Tshwhete Munisipaliteit nie langer kan ignoreer nie.
(VIDEO SAAMGESTEL DEUR ALBERT BOTHA)
Dwelmsmouse en haweloses bly in die huis waar menslike ontlasting oral rondlê, en bottels vol urine staan. Die huis is al so geplunder dat dit onredbaar is en gesloop sal moet word.
Tydens ’n besoek deur www.mobserver.co.za het ’n bedwelmde man in die huis rond gedwaal. Hy is een van talle wat in die huis bly.
Lees ook: Kwaza gemeenskap steek dwelmhuis aan die brand
Bure sê misdaad is die afgelope twee jaar buite beheer met fietse, braaiers en ander goed wat daagliks wegraak uit erwe rondom die huis.
Die huis is op een van Middelburg se mees gesogte kommersiële erwe geleë.
Lees ook: Dorp in ’n dwelm krisis – verslaafdes bedel en sterf op straat
•Lees meer in hierdie week se Middelburg Observer wat reeds op straat is.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
