“Waar’s my pos!?” – Hele Groenkol buurt se pos in een posbus gegooi by South Gardens
Indien inwoners van Groenkol wonder hoekom hulle nooit pos kry nie?

Daar is duidelik ’n lui posman aan die werk.
In plaas van om pos in die regte posbusse te gooi, het die skuldige sommer besluit om ’n hele stapel pos in een inwoner se posbus te gooi.
’n Inwoner wat anoniem wil bly sê dat sy die dik pak pos in haar meenthuis se posbus gekry het.
Dit bevat tientalle inwoners om haar se pos.
Inwoners van die volgende strate se pos is in die hoop: Viljoenstraat, Vosstraat en Hoogstraat.
Veral diegene wat rondom South Gardens bly kan gerus by die Middelburg Observer redaksiekantore kom loer of hulle pos by weggooipak ingesluit is.
Van die Brittons tot die Thwalas se pos is in die pak.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
