Wonderwerk-geboorte, ma en seun sterk goed aan
Wat begin het as 'n angsbevange nagmerrie het 'n gelukkige einde gebring vir die Erasmus en Mulder gesin.
Die bevalling van hulle baba seuntjie het in buitengewone omstandighede plaasgevind, en nou is hy ‘n wonderwerk kind.
Mens kan net verbeel watter skok dit moet wees vir enige gesin, om te spring van ‘n normale Vrydagaand tot geskiet word tot ‘n vroeë geboorte.
Maar teen spyte van alles is almal veilig, gesond en me. Renske Erasmus, uit die hospitaal ontslaan.
Lees ook: Gewonde ma vertel van skietnagmerrie
Renske en Christo was op 8 Februarie, laat die aand oorval deur kapers toe hulle op pad was Delmas toe vir die naweek.
Renske was tydens die skietery nog swanger, en die paartjie se drie dogtertjies was saam in die kar.
Renske en Christo is altwee gewond in die voorval en Renske het later die aand geboorte geskenk aan hulle seuntjie, met ‘n projektiel in haar rug.
Lees ook: Swanger vrou en haar man geskiet naby N4 tolhek
Klein Fourie het ‘n maand te vroeg sy eerste lewenslig aanskou maar is gesond en is nog voor sy ma ontslaan.
Die kleintjie se geboorte is deur sy ouers as “genade van Bo af” beskryf.
Mnr. Mulder het aan www.mobserver.co.za gesê dat almal by die huis is en sterk goed aan.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
