News

Laaste reddingshond in provinsie word gegroet

Tarra, die laaste soek- en reddingshond in Mpumalanga, het pas uitgetree.

Sy en sers. Leon Harrington het vir jare saamgewerk en met haar uittrede het hy haar by die polisie gekoop. Sy sal haar laaste jare rustig by sy huis deurbring.

•In die laaste paar maande het ook twee ander reddingshonde in die provinsie uitgetree.

•Lees die volledige storie in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

•Sers. Harrington het hierdie besondere gebed, “uit die hart van ’n hond” vir www.mobserver.co.za gegee.
“’n Hond se wens:

O Skepper van mense, gee dat my baas getrou bly aan sy medemens soos ek aan hom is.

Maak hom geheg aan sy huisgesin en vriende soos ek aan hom is.
Mag hy soos ek waardig wees vir die vertroue wat aan hom gestel word.

Gee hom ’n opgeruimde en blymoedige gees, soos wat ek met my swaaiende stert openbaar.
Besiel hom met ’n gevoel van dankbaarheid soos ek met my lekkende tong bewys.

Maak hom geduldig, soos ek is, wanneer ek sy voetstappe vir ure le en afwag sonder om te kla.

Besiel hom met my waaksaamheid, my durf en my bereidwilligheid om gerief en selfs my lewe
vir hom op die altar te plaas.

Laat hom sy lewenslus en begeerte om te speel altyd soos ek behou. Maak hom net so ’n goeie mens
as wat ek ’n goeie hond is.

Maak hom ’n waardige baas vir my.”

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button