News

Trok met baksteen gegooi – was dit poging tot kaping?

“Is dit ’n nuwe tendens onder misdadigers om motoriste te kaap?” was die onderliggende toon van ’n inwoner wie se voertuig beskadig is deur ’n baksteen.

Mnr. Damian Klopper se vrou, het vanoggend met sy trok in Njalastraat afgery toe ’n baksteen na die voertuig geslinger is. Sy kon nie die skuldige identifiseer nie, maar vermoed dit was van die mans wat in die veldjie sit oorkant die substasie, en werk soek.

Toe die baksteen die trok tref, is een van die ligte beskadig en die mans het agterna gehardloop om haar te probeer stop.

Lees ook: Mans probeer sesjarige uit kar pluk

Mnr. Klopper sê dat sy vrou bly ry het, omdat sy nie gevoel het dit was veilig om te stop nie. Hy sê dit was die beste ding wat sy kon doen, en voel dat ander inwoners bewus moet wees van die voorval en op hulle hoede moet wees in die area.

Die Kloppers het die saak gerapporteer aan die Middelburg Polisie, asook die 911 GPF groep en waarsku alle motoriste om nie te stop sou so ’n voorval, met hulle gebeur nie.

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button