News

Gaan Middelburgdam weer oorloop?

Gaan die Middelburgdam voor die einde van die maand oorloop?

Inwoners sit angstig en wag vir die groot water wat van Hendrina af op pad is, na goeie reën in die omgewing.
Daar het binne drie ure 50mm geval.

Mnr. Gawie Steyn het vanoggend oor die Klein Olifantsrivier gevlieg en hy sê daar is baie water na die Middelburgdam op pad.

www.mobserver.co.za se korrespondent op Hendrina, Corrie Wolmarans, sê “daar het in ’n kort tydjie sowat twee duim geval, daar is baie water wat na Middelburg afloop”.

Middelburgdam is net oor die 95% vol en ’n sterk inloop kan daarvoor sorg dat die sluise oopgemaak sal word.

Argief foto van Middelburgdam.

 

 

Die video materiaal van Middelburgdam wat oorloop was geneem in 2016.

 

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button