News

Kliënt kla oor prokureur en verdwene geld

Prokureurs op die dorp is weer in die spervuur met kriminele klagtes wat teen een ondersoek word en nog een wat van die rol geskrap is.

Intussen het ’n kliënt ook na vore gekom met ’n klagte van honderde duisende rande van sy huiskooptransaksie wat na bewering weg is.

Die Prokureursorde het mnr. Louis Fourie se prokureursfirma, LJ Fourie Prokureurs, gesluit nadat dit aan die lig gekom het dat daar groot bedrae geld uit sy trustfonds verdwyn het.
Mnr. Fourie het dit by die orde gaan aanmeld en vinger gewys na een van sy voormalige werknemers.

Estelle Veldsman van die Regspraktykraad sê dat die Regspraktisyns Getrouheidsfonds alle eise van voormalige kliënte teen mnr. Fourie se trustfonds behartig het. Hulle het aan haar bevestig dat hulle met strafregtelike stappe teen mnr. Fourie begin het.

Lees ook: Prokureurs in die spervuur

Mnr. Fourie het in kommentaar gesê dat hy glad nie bewus is van enige kriminele klagtes teen hom nie. Hy het ook gesê dat hy nie meer as prokureur optree nie, maar wel as regsadviseur.
Die voormalige werknemer is intussen uit die dorp.

• Nog ‘n plaaslike prokureur, Leonie Nell, is ook verlede jaar van die rol geskrap. Me. Veldsman sê dat me. Nell in Julie 2017 geskors is en in September verlede jaar finaal van die rol geskrap is, nadat ‘n hooggeregsbevel bekom is.

Lees ook: Geliefde prokureur tronk toe

Me. Nell sê dat die skrap van die rol vir haar nuus is omdat sy nou nog nie ‘n afskrif van die hofbevel ontvang het nie.
Sy sê dat die optrede gevolg het na ouditverslae wat nie betyds ingedien is in verband met haar Getrouheidsfondsertifikaat nie.

Me. Nell sê dat sy geldige redes het vir die onvolledige verslae maar nie oor die fondse beskik het om ‘n advokaat aan te stel om dit in die hof te gaan beveg nie.

Sy sê dat sy toe besluit het om nie die hofbevel teen te staan nie. Sy sal wel op ‘n latere stadium, wanneer sy uiteindelik finansieël in staat is om haar boekhouers en ouditeurs te betaal vir die voltooiing van die verslae, oorweeg of sy wil heraansoek doen om tot die rol toegelaat te word.

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

 

 

 

Jana Boshoff

Award-winning community news journalist with over a decade's newsroom experience. Passionate about hard-hitting news stories!
 
Back to top button