Gyrokopter wat vrugtevlieg bespuit stort neer
Die vlieënier van 'n gyrokopter wat bespuiting gedoen het vir 'n plaas buite Groblersdal en verlede Woensdag neergestort het, is uit die hospitaal ontslaan.
Mnr. Roelf Palm, wat vir Maricourt Aviation bespuiting doen, het met sy eie gyrokopter gevlieg toe die ongeluk plaasgevind het ongeveer vyf kilometer buite die dorp.
Mnr. Mampoer van Rooyen, eienaar van Maricourt Aviation, sê dat mnr. Palm besig was met vrugtevlieg bespuiting by Boschkrans Boerdery, toe die gyrokopter se wiel aan ‘n elektriese kabel gehaak het en tussen die sitrusbome neergestort het.
Mnr. Palm is deur paramedici gestabiliseer en na Life Midmed Hospitaal op Middelburg vervoer.
Hy is nie ernstig beseer nie en het net sagteweefsel beserings opgedoen.
Mnr. Palm sterk tans tuis aan in Rayton.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
