News

Die einde van nog ’n mooi dorp

Nog ’n dorp het sy watsenaam gesien.

Die eens op ’n tyd mooi toeriste dorpie, Belfast, het so verval, dat inwoners dreig om reg in eie hande te neem.

En op Middelburg word daar gejuig want die ANC het net betyds tot sy sinne gekom om nie die sukkelende eMakhazeni Munisipaliteit by die Steve Tshwete Munisipaliteit in te lyf nie.
Middelburg sou die las gedra het en inwoners sou miljoene moes opdok vir die bodemlose Belfastput.

Die Belfast gemeenskap gaan op 14 Maart na die eMakhazeni Munisipaliteit opruk weens swak dienslewering.

Die Belfast industriële gebied sit al dae lank sonder water.

Die dorp steier onder kragonderbrekings en die rioolpompstasie in Vermootenstraat stort in duie.

Die dorp se teerpaaie word almal nou grondpaaie omdat die munisipaliteit nie geld het om die paaie te herstel nie.

Karre val in gate en trokke sit vas.

Inwoners het nou genoeg gehad en gaan in hul massas opruk munisipaliteit toe waar ‘n memorandum aan die bestuur oorhandig sal word.
Die optog is reeds goedgekeur.

Inwoners sal onder meer aandring op dienste soos straatligte, elektrisiteit en water.
Die paaie en slaggate oral in die dorp sal ook aangespreek word.

Intussen word daar ook gekyk na die stigting van ‘n belastingbetalersvereniging wat sake op die dorp kan bestuur.

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Tobie van den Berg

Editor at Middelburg Observer
 
Back to top button