News

Diewe smyt tandemfiets neer

Diewe het gisteraand omstreeks 21:30 ’n tandemfiets, wat vasgesluit is aan plastiekstoele, in die veld aan die Kanonkopkant van die eendedammetjies neergesmyt en gevlug.

Lede van die Gemeenskapspolisiëring en Middelburg 911 het hulle gehaas na Oribistraat nadat ’n inwoner op Zello ingeroep het dat twee verdagtes met die fiets en stoele in die straat afstap.

Met die lede se aankoms het die booswigte in Oribistraat afgehardloop met die fiets, dit neergesmyt in die veld bokant die eendedamme en laat spaander in Dennesig se rigting.

Lees ook: Egpaar kruip in huis weg vir inbrekers

Op ’n stadium het nege voertuie die verdagtes agtervolg en is hulle gevolg deur Dennesig vanaf Daleen Matthee- tot by Piet Groblerstraat en uiteindelik in Verkennerstraat vasgetrek, waarna die polisie ontbied is.

Daar is aan www.mobserver.co.za gesê dat die booswigte op ’n stadium selfs van klerasie verwissel het.

Lees ook: Old man runs from robbers

Die persoon wat die voorval ingeroep het, wou egter nie ’n saak maak of betrokke raak nie en die polisie kon net die verdagtes waarsku en hulle laat gaan.
“Ek weet nie hoekom roep die mense ons in, as hulle nie wil help dat diewe en rowers aangekla word nie!” het ’n lid van ’n noodgroep (wat anoniem wil bly) vies gesê.

•As iemand die fiets herken, kan hulle dit opeis deur adj. Willie du Preez te bel by die Middelburg Polisiestasie by 013 249 1693.

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 
Back to top button