Egpaar kruip in huis weg vir inbrekers
’n Egpaar het laasnag omstreeks middernag in hul huis Framestraat (Sentraal) weggekruip, terwyl inbrekers aan vensters en ’n deur geruk het om in die huis te probeer kom.

Me. Jess Oosthuizen sê sy was nog wakker, omdat die honde al van vroegaand af tekere gegaan het.
Sy was kriewelrig aangesien daar die afgelope twee weke by die mense in die woonstel agter op hul erf en by hul bure ingebreek is.
Omstreeks middernag het sy ’n slag gehoor, waarop hul honde na die hoek van die erf gehardloop en een kort daarna getjank het. “Na aanleiding van die getjank het dit geklink of iemand die hondjie seergemaak het.”
Sy het dadelik haar man, Chris, wakker gemaak.
Lees ook: Old man runs from robbers
Hy het by die venster uitgeloer en ’n skaduwee gesien. Op daardie stadium het hy gedink dit is een van die mense in die woonstel wat buite rondbeweeg.
Sekondes later het hulle besef dit is nié een van die ander inwoners nie, aangesien daar aan die voordeur en ’n kamervenster geruk is. “Hulle moes meer as een gewees het.”
Hulle het op ’n noodgroep vir hulp gevra en die polisie is ontbied.
Me. Oosthuizen sê die polisie het kort daarna vir hulle kom sê dat hulle een man gevang het, wat gesê het hy sal vir die polisie gaan wys waar sy twee makkers is.
•Me. Oosthuizen sê die polisie het hulle nog nie weer gekontak om te laat weet of die verdagtes aangekla gaan word nie.
•Tydens die inbraak onlangs by die mense wat in die woonstel bly, is komberse, kontant, klerasie en skoene gesteel.
•Noodgroepe het verlede week ’n televisiestel en mikrogolf in die oop erf langs die Oosthuizens, wat erg oorgroei is met bosse, gevind. Dit is van die artikels wat by een van hul bure gesteel is.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za