Twee barmhartige dames op die grondpad van die lewe
As joernalis loop mens baie interessante karakters raak, en dis hoe ek myself bevind in 'n wildvreemdeling se kar, wat met my die bosse in ry.
Bygesê, hulle was twee vrouens, maar hulle terg so ewe of ek nie bang is hulle ontvoer my nie.
So ploeter ek en die twee op grondpaaie en agterpaaie deur, want hulle wil my “iets” wys.
Twee groot persoonlikhede, maar piepklein harte.
Dit was per toeval, dat Lúnette en Natasha van die egpaar gehoor het. En al ken hulle ook maar net mekaar se name, het die twee dit op hulle self geneem om die paartjie te help.
Lúnette Symington, wat maar ’n paar maande op Middelburg is, het deur ‘n Facebookveldtog, mense sover as Pretoria en Groblersdal betrek, om die Venter paartjie te help.
Ver van die samelewing af, sonder krag of water, het Petrus en Alida Venter ‘n tuiste probeer maak in die stoorkamer van ‘n plaasskuur. Hulle het geen lopende water, badkamergeriewe, of selfs ‘n kombuis nie. En op ‘n belaglike R200 tot R300, so elke vier maande, moet die twee oorleef. Petrus werk op die plaas, wat behoort aan ‘n man wat in Tzaneen woon. Daar is geen kontrak opgetrek nie, en Petrus doen maar los werkies hier en daar.

Toe Lúnette en Natasha hoor van die haglike omstandighede waarin die Venters bly, het hulle besluit om noodsaaklikes soos kos en klere bymekaar te maak. In ‘n kwessie van dae, het Lúnette mense oor die land gekry wat aanbied om te help.
So verdwaal die drie van ons, totdat ons by die Venters se woonplek kom, om kos af te laai.
Hulle vertel hartverskeurend hoe Petrus agt kilometer ver moet stap om water te gaan haal, en hoe bitter graag hulle net ‘n ander werk vir hom wil reël.
Petrus is ‘n nutsman, wat ervaring het in basiese meganiese werk, bouwerk en opsigterwerk. Hy het ‘n ligsinnige streek in hom, en lag en skerts al die pad.
Ten spyte van hulle swaarkry, glimlag altwee breed en verwelkom ons met warmte. Hulle het verslae dankie gesê, soos die kospakke afgelaai word.
Die Middelburg gemeenskap word gevra om donasies van kos, klere en toiletware te maak.
As enigiemand sou wou bydra of weet van werk vir die paartjie, kan hulle Lúnette kontak by 082 305 5108 of vir Petrus by 076 769 6748.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
