Boere steek hand van hulp uit
Jy kan help om boere in die droogte geteisterde Namakwaland te voorsien met broodnodige voer en kos.
Die Broodsnyersplaas Boerevereniging het die nood van boere in die Namakwaland omgewing raakgesien en besluit om ’n helpende hand uit te steek. Hulle vra nou vir lede van die Middelburg gemeenskap om hulle by te staan met donasies sodat hulle vragte voer en ander hulpmidele by behoeftiges kan uit kry.

Carol Allen, een van die organiseerders by die boerevereniging, sê dat die droogte in Namakwaland ’n ramp is wat stil-stil gebeur. Die area het oor die afgelope paar jaar skaars 20mm reën ontvang. Daar bestaan nie meer natuurlike weiding nie en boere is besig om hulself bankrot te boer omdat hulle noodgedwone voer moet aankoop.

Vrouens en kinders lei ook daaronder omdat elke liewe beskikbare sent aangewend word om voer te koop en plaaslike skole het met voedingskemas begin omdat baie van die kinders nie genoeg kos by die huis kry nie.
Skenkings van lede van die Broodsnyersplaas Boerevereniging het reeds ses vragte na die droogtegeteisterde gebied gestuur. ’n Konvooi van meer as 20 trokke asook 10 bakkies wat goedere soos mieliemeel, blikkieskos en ander benodighede aanry, vertrek Saterdag 30 Maart vanuit Middelburg. Hulle beplan om hul bestemming op 1 April te bereik.
Die boerevereniging het ’n aparte rekening oopgemaak spesifiek vir die droogtehulp projek sodat dit maklik nagegaan kan word en ouditeurverslagte aan skenkers beskikbaar gestel kan word.

Om by te dra kan die volgende rekening gebruik word.
Rekening Naam: Droogtehulp
Bank: ABSA
Rekening Nommer: 9347699547
Tipe Rekening: Spaar
Tak Nommer: 632-005
Indien daar enige fondse oorbly nadat dieselkostes gedek is, sal dit aan die Namakwaland se boerevereniging oorbetaal word om families by te staan met uitgawes soos skoolfondse vir kinders.
Besoek die Broodsnyersplaas Boerevereniging se Facebookblad vir meer inligting.

Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
