News

Ma se geld op ongelukstoneel gesteel

Die polisie het bevestig dat die beskuldigde in Saterdag se McDonald’s ongeluk waarin me. Liezel Visagie voor haar tienerdogter raak gery is, toe hy vir die verkeersdepartement weggejaag het, vir strafbare manslag aangekla is.

Die polisie ontken dat die beskuldigde by ’n kapingspoging in Mhluzi betrokke was.

Hy het glo roekeloos gery en onmiddellik vir verkeerskonstabels weggejaag toe hulle hom wou aftrek.

Lees ook: Vrou sterf as held nadat sy dogter uit pad stamp

Sy identiteit is aan die www.mobserver.co.za bekend maar mag nie bekendgemaak word voor hy formeel in die hof verskyn het nie.
Bloedtoeste het na bewering gewys dat die man erg onder die invloed van drank was.

Die klag kan deur beheeraanklaers verander word na moord, sodra die ondersoek afgehandel is.

Lees ook: BREAKING NEWS: Female pedestrian sustains life-threatening injuries in high-speed police chase

Intussen word daar gewag op die tienerdogter se pa wat uit Nieu Seeland hierheen op pad is voor begrafnisreëlings gefinaliseer kan word.

’n Verassingsdiens sal vir me. Visagie gehou word, en gemeenskapslede maak reeds finansiële bydraes nadat me. Visagie se laaste geld op die ongelukstoneel gesteel is.
Sy het saam haar tienerdogter en ma, Marie, gereeld koekies op vlooimarkte verkoop om te oorleef.

Lees ook: UPDATE: Victim in high speed police chase passes away

Daar word R15 000 benodig vir die begrafniskostes en bydraes kan direk by Roseleigh Begrafnisondernemers inbetaal word.

Die bankbesonderhede is: Roseleigh Funeral Home, FNB Tjekrekening 62073712062, takkode 270150. Merk asseblief inbetalings duidelik met: Verwysing: Visagie CE 040/19.

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button