News

Vrou beweer sy is deur polisieman aangeval

’n Jong vrou wat in ’n bekende kuierplek in Middelburg werk, beweer dat sy deur ’n polisieman aangerand en gemolesteer is.

Daar word verneem dat ’n vrou gedurende die naweek klagtes geopen het van onder meer aanranding en seksuele aanranding.

Die vrou, wie se naam weerhou word, omdat sy ’n slagoffer is van ’n beweerde seksuele misdryf, het gesê dat sy ’n kroegmeisie is by die kuierplek.

Sy beweer dat die man vir haar Donderdag in die vroeë oggendure ’n fooitjie gegee het en ook aangebied het om haar huis toe te vat, aangesien sy nie ’n geleentheid huis toe gehad het nie.
Volgens haar het hulle opgery in Walter Sisulustraat in die rigting van Dennesig.

Terwyl hulle gery het, het hy vir haar gesê dat hy ’n polisieman is.

In die daaropvolgende gebeure het die man klaarblyklik gestop, die vrou met ’n vuis in die gesig geslaan en teen die voertuigdeur vasgedruk.

Lees ook: Meisie byna op skoolterrein verkrag

Sy is daarna na bewering aan die keel beetgekry, met ’n vuis in die gesig geslaan en haar bloes geskeur. Sy het ook gesê dat hy aan haar borste gevat het.

Sy beweer dat hy ook haar broek probeer afskeur het, maar sy het vir hom gesê dat sy menstrueer en hy het glo haar broek gelos, maar aangehou om haar te soen en haar kop teen deur deur te slaan.

Volgens haar het sy losgebreek, uit die kar gespring en gevlug.

•Klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer, asook seksuele aanranding, word ondersoek.

•Ondanks die klagtes verneem www.mobserver.co.za dat die polisieman steeds met sy werk voortgaan.

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button