News

Dankie Middelburg! Dorp gee binne ure geld vir begrafnis

Dankie Middelburg! Jy was nie verniet in 2015 Dorp van die jaar nie.

Binne twaalf uur nadat ’n beroep gedoen is om die begrafniskoste van R15 000 te delg vir ongelukslagoffer Lizel Visagie, is daar genoeg geld bymekaar gemaak.

’n Sakeman het die volle bedrag van R15 000 betaal en nog een R7000, daar was verskeie kleiner bedrae van R500 tot R100 en ’n vrou het met kontant by Roseleigh Begrafnisdienste opgedaag. Mnr. Dries Venter van OH Frewin Drukkers gaan ’n spesiale begrafnisbrief laat druk en daar was ’n vrou wat aangebied het om vir die gesin kos te gaan aflewer.

Me. Visagie is voor haar tienerdogter Ceriza, ’n HTS Middelburg leerling en danser, raakgery, toe ’n man vir die verkeersdepartement weggejaag het.

Lees ook: Ma se geld op ongelukstoneel gesteel

Hy het glo roekeloos gery en weggejaag toe hulle hom wou aftrek.

’n Verassingsdiens sal vir me. Visagie gehou word.

Me Visagie het saam met haar ma, Marie, koekies gebak vir ’n inkomste en haar laaste geld is op die ongelukstoneel gesteel.

Inwoners het vertel hoe onbaatsugtig me. Visagie gelewe het en nie geskroom het om te stap waar sy wil wees nie, om kerk toe te gaan, inkopies te doen of haar dogter by die skool te kry.
Sy was reeds besig om dorp toe te loop toe sy in Cowen Ntulistraat getref is.

Die geld wat oorbly nadat die begrafnis betaal is, gaan aan Ouma Marie en Ceriza oorhandig word vir ander uitgawes.

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button