News

Berugte polisieman word weer ondersoek na meisie se klagtes

Kapt. Awie Geldenhuys, die polisieman wat ondersoek word in verband met die dood van ’n meisie in Januarie is sedertdien met siekverlof.

Maryka Kleinhans (31) is dood nadat sy glo uit Geldenhuys se voertuig gespring of geval het. Nou beweer ’n kroegmeisie van Tracers, Tarryn Meikeljohn (36), dat hy haar aangerand het toe hy haar ’n geleentheid aangebied het na haar Dennesig huis toe.

Hy het haar glo onder andere met die vuis geslaan. Nadat hy haar glo betas het, het Meikeljohn klagtes van aanranding en seksuele aanranding teen Geldenhuys by die polisie aanhangig gemaak.

Maryka Kleinhans.

Alhoewel die Onafhanklike Polisie Klagte Direktoraat by monde van hul woordvoerder, Moses Dlamini, gesê het dat dié klagtes nie eintlik in hul mandaat val nie, is verneem dat hulle wel die ondersoek by die polisie wil oorneem. Opod ondersoek reeds die Januarie voorval.

Brig. Leonard Hlati (provinsiale mediawoordvoerder) kon nie bevestig of dissiplinêre stappe teen Geldenhuys gedoen gaan word nie.
Daar is wel by ’n betroubare bron bevestig dat ’n interne ondersoek geloods is.

Die beserings aan die kroegmeisie se arms, wat beweer dat sy deur kapt. Geldenhuys aangerand is. Haar pols is blou en daar is duidelik krapmerke op haar arms.

Geldenhuys is steeds met verlengde siekverlof.

Die beweerde voorval het meer as ’n week gelede plaasgevind, maar kapt. Geldenhuys is nie gearresteer of aangekla nie.

www.mobserver.co.za het vanoggend herhaaldelik met kapt. Geldenhuys probeer kontak maak om hom die kans te gun om kommentaar te lewer op die aantygings teen hom. Sy selfoon het gelui, maar hy het nie geantwoord nie.

 

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button