News

VIDEO: Stuur groete vir die spoedgrens

In my geestesoog, het ek 'n beeld in my kop van hoe ek waai vir die spoedgrens soos ek hom verby steek.

Maar in werklikheid, as mens by die Kranspoortpas probeer uitry, is dit anders om!
Veral met die belaglike spoedbeperkings.

Met al die ongelukke wat plaasvind in die Kranspoortpas, kan mens verstaan dat die verkeers departement opgetree het.
Vragmotors veral, moet maar liewer stadiger by die pas af, maar ons praat nie van af nie, ons praat van op!

Vandat spoedkameras op strategiese plekke versteek word, is daar al ‘n hele klomp motoriste wie onplesierige verrassings in die pos gekry het.
Van hulle het ‘n duik van R2 500 in die sak gemaak.

Hulle sê dis belaglik om teen 60km p/u die pas uit te ry, want teen die tyd wat jy die steilte tref, verloor jou kleiner karre stoom.

www.mobserver.co.za het besluit om dit ‘n bietjie te toets met ‘n 1300 enjin.

Die spoedgrens is reeds aan die onder kant van die poort al 60km. As jou geluk teen jou is, wag daar om die draai ‘n versteekte kamera.

Motoriste met kleiner karre moet gewoonlik teen 120km p/u die poort aan durf, net om halfpad in eerste of tweede rat uit te kruip.
En die vraag op almal se lippe is, hoe prakties die spoedbeperking is.

 

 

 

 

Also read:

Parents frustrated by a lack of space in Middelburg schools

Traffic officers to appear in court for corruption

#TrafficAlert: Two dead in Kranspoort accidents

VIDEO: Two perish after truck jack-knifes

Want breaking news on the go?

• Save our standby number (072 248 3855) and send us a WhatsApp message with the words “Add me” to be added to our broadcast list.

• Like us on Facebook, follow us on Twitter and Instagram.

• Subscribe to our YouTube channel.

• Click on the link to subscribe to our bi-weekly newsletter via email.

Have a news tip?

Contact our news room on our 24 hr standby number 072 248 3855, or send a mail to our editor tobie@mobserver.co.za

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button