News

Kaptein Awie Geldenhuys geskors

Kapt. Awie Geldenhuys is vroeër vandag geskors.

Provinsiale polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlati, het pas bevestig dat kapt. Geldenhuys, ’n polisieman van die Witbank Polisie, geskors is.

Brig. Hlati wou nie uitbrei rondom die omstandighede waarom kapt. Geldenhuys geskors is nie en het net gesê dat dit ’n interne aangeleentheid is.

www.mobserver.co.za het egter betroubaar verneem dat die ondersoek en skorsing gevolg het na aanleiding van ’n voorval op 21 Maart.
Me. Tarryn Meiklejohn (36) het klagtes van aanranding en poging tot verkragting geopen teen kapt. Geldenhuys.

Lees ook: Berugte polisieman word weer ondersoek na meisie se klagtes

Sy het destyds aan ’n joernalis gesê dat hy “een oomblik nog vriendelik was en die volgende oomblik in ’n monster verander het en my met die vuis geslaan het.”

Volgens haar het hy haar ’n geleentheid aangebied huis toe, nadat hy tot in die vroeë oggendure by Tracers gekuier het. Volgens haar het die kaptein haar betas, gewurg en ook teen haar sin gesoen.

Agt dae later het kapt. Geldenhuys klagtes vir diefstal en bedrog teen me. Meiklejohn aanhangig gemaak.

Lees ook: Bekende polisiekaptein op toneel waar vrou langs pad gesterf het

•Kapt. Geldenhuys was vroeër vanjaar ook in die nuus nadat sy meisie, Maryka Kleinhans, op 27 Januarie in Kranspoortpas gesterf het, nadat sy in sy voertuig was.

•Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (Opod) ondersoek dié saak.

 

 

 

 

 

Lees ook:

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button