Groot luiperd mannetjie het gaste aan die gons
Nog voordat hulle by oord inboek ry besoekers hulle by De Voetpadkloof vas in "geskenk" van hulle lewe.
Hy het soos ’n skim verskyn, grasieus, liggroen oë soekend… en toe verdwyn hy net so skielik as wat hy verskyn het.
’n Groot luiperd mannetjie het besoekers aan De Voetpadkloof vakansieoord aan die gons.
En hoe gelukkig kan vakansiegangers net nie wees nie?

Oordbestuurder, Johan Ludick, sê nuwe gaste was gister op pad na die kantoor om in te boek, toe die luiperd in die koppie net voor die ingang hulle verras het.
Vir die oordpersoneel is dit nie ’n ongewone gesig nie.
“Vakansiegangers het nou die dag na die waterval toe gestap, toe ’n luiperd verby hulle hardloop, nadat hy ’n bobbejaan gevang het.”
Terwyl bobbejaan se kind sy gunsteling gereg is, is hy erg menssku, volgens stappers wat hom al voorheen teëgekom het.
Mnr. Deon Cornelius van Ubhetyan O Africa wildsplaas sê “dit is ’n groot mannetjie wat hulle afgeneem het”.
Hy is tans besig met ’n projek om die populasiedigtheid in die area te bepaal.

“Ons het beslis die digste populasie van luiperds in Afrika”.
Hy het die laaste maande twee luiperds gevang en weer hervestig.
