Lykshuis eienaar aangekeer na diefstal by Dischem
Die eienaar van ’n lykshuis is een van vier vroue wat gearresteer is na ’n diefstal van der duisende rande by Dischem op Middelburg.
’n Privaat speurder is gevra om ondersoek in te stel, nadat trollies vol voorraad, waaronder kos en parfuum, gesteel is.
Kaptein Khanyisile Zwane, van die Middelburg Polisie, sê Lydia Mthimunye is van Hlalamnandi, Nikelangi Anna Mahlangu van Avalon, Lilian Mnguni van Tweefontein en Laurenciah Mnguni van KwaMhlanga. Hulle is aangekeer na die diefstal van goedere ter waarde van R49 000.

Mthimunye werk vir ’n busmaatskappy en is verwant aan Lydia en Laurenchia Mnguni. Mahlangu is ’n sekuriteitswag by Dischem se deur.

Lilian Mnguni, wat ’n spog BMW X6 bestuur, besit ’n lyksbesorger besigheid.
Al die beskuldigdes is vrygelaat op borg van R5 000.

