News

Reservaat gestroop vir braaihout

Groblersdal se eens pragtige natuurreservaat, waar kameelperde in die verby ry sommer by die ingang van die dorp gesien kon word, bestaan nou byna net uit boomstompe.

Alle Suid-Afrikaners is lief daarvoor om te braai, maar het jy al wonder waar hierdie hout vandaan kom wat jy koop vir braaihout?
Dis egter nie net in die Magaliesberg-bergreeks waar onwettige houtkappers bome afkap, uitroei en verkoop vir braaihout nie.

Met die uitbrei van padstalletjies langs die R25 by die T-aansluiting vanaf Groblersdal na Marble Hall en Dennilton, is dit nie ongewoon vir hierdie smouse om vir hul slaapplek in te rig agter hul stalletjies nie.

Groblersdal se statige maroelabome word vervang deur toilette by die padstalletjies op die R25.

Die publiek spreek gereeld hul misnoeë uit oor die impak van die padstalletjies op die omgewing.

Nie net is dit ’n broeiplek vir dwelms nie, maar is daar ook ’n geweldige groot hoeveelheid vullis wat besoekers begroet op hul pad na die dorp. Die padstallers het tot hul eie ashoop langs die pad ingerig.

Inwoners van Groblersdal het al uit hul eie uit werkers aangestel en die kostes daarvan gedra om die vullis in dié omgewing te gaan optel, maar dis nie lank nie, dan lê die vullis weer versprei.

Die grootste oogseer by die stalletjies is egter die yslike hope hout, wat byna by elke stalletjie verkoop word.

www.mobserver.co.za het self gesien hoe die bome afgekap en as braaihout by die stalletjies verkoop word.

Waar kom die hout vandaan? Smouse kap al wat ’n boom in die omgewing af. Plase en selfs die natuurreservaat wat naby die stalletjies geleë is loop nou deur onder houtkappers.

Daar is net boomstompe wat bly staan in Groblersdal se eens pragtige natuurreservaat.

Die reservaatheining is weg wat dié houtkappers vrye toegang tot die reservaat gee en hout word onwettig van die perseel af verwyder.
Inwoners van die dorp sê dat hul daagliks sien hoe dié area by die padstalle agteruit gaan.

Groblersdal se eens statige maroelabome in dieselfde area, word afgekap en vervang met toilette, wat die smouse self laat bou by hul stalletjies.

Volgens mnr. Willie Oosthuizen, DA-leier van Groblersdal, het Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit ’n aantal jare gelede die padstalle gesloop. Ongelukkig het verskeie padstalle net die volgende dag weer opgespring.

“Die munisipaliteit het kort daarna aansoek gedoen vir ’n uitsettingsbevel, maar die area is buite hul grense en nou Sanral se probleem,” sê mnr. Oosthuizen.

Die bou van toilette stel ook bestaande infrastruktuur in gevaar.

“Daar loop 600mm waterpype onder daardie padstalletjies verby. Hierdie pype voorsien water aan Moutsi in Dennilton. Daar vloei ’n geweldige groot volume water deur daardie pype. As een van daardie pype raakgekap word tydens die oprig van die smouse se toilette, is dit groot skade.”

Die ashoop wat deur die smouse van die padstalle gemaak is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button