R90 000 se wiele by een huis gesteel
Die wieldiewe raak al hoe meer uitdagend en daar is laasnag sommer twee voertuie se wiele by een huis in Leipoldtstraat (Gholfsig, Middelburg) gesteel.
Me. Jo-Landri Coetzee vertel dat haar man, Alwyn, omstreeks 03:00 wakker geword het van ’n geluid. Hy het by die badkamervenster, wat uitkyk op die voertuie, uitgeloer.
Op dieselfde oomblik het hy ’n booswig gesien wat tussen hul voertuie, wat onder ’n verligte afdak gestaan het, deurloop.
Mnr. Coetzee het dadelik die paniekknoppie gedruk, waarop die boef die nag in verdwyn het.
Me. Coetzee sê die reaksie-offisier van Mid Alarms was binne minute daar. Die Toyota Fortuner en Toyota Hilux bakkie het egter reeds op plaveiselstene, wat uit die egpaar se eie plaveisel gehaal is, gestaan.

Hulle vermoed dat die nagsluiper wat hulle tussen die voertuie gesien het, die uitkykpersoon vir die wieldiewe was.
Die boosdoeners het die palissadeheining losgebreek van die muur af, om in die erf te kom.
Dit gaan hulle sowat R90 000 kos om al die wiele en vellings te vervang.
Lees ook: En daar gaan die diewe met nog wiele
• Die polisie het vir hulle vertel dat die diewe gewoonlik in ’n groep van vier werk. Een wag in ’n voertuig met ’n sleepwa of bakkie in die omgewing, twee haal die plaveisel uit en die wiele af en een hou wag en bespied die omgewing.
Na aanleiding van videomateriaal van vorige diefstalle, kan gesien word hoe vinnig die boewe werk.

• Dit is die vierde voorval in die laaste maand waar wiele en vellings gesteel word in Leipoldtstraat.
Een inwoner het gesê dit is omdat van die ligte in die straat af is en daar nie sigbare polisiëring in die omgewing is nie.
Lees ook: Misdadigers gebruik stil strate om toe te slaan
• Die laaste paar maande is daar al hordes wiele op dieselfde manier in al die uitbreidings van die dorp gesteel. Daar is ook by twee gevalle sleepwaens gesteel in dieselfde omgewing waar wiele gebuit is en bestaan die vermoede dat die waentjies sommer gebruik is om die wiele op te laai.
• Tydens ’n onlangse onderhoud, het die polisie gesê dat die diewe hulle toespits op 17 en 18 duim wiele. Verlede week is daar ook 20 duim wiele in Eugene Maraisstraat (Gholfsig) gesteel.
*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter
Beste leser,
As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.
Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.
Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.
Het jy ’n nuuswenk?
Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.
Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.
