’n Sestienjarige seun van HTS Middelburg is van sy beursie beroof en sy hemp van hom afgeskeur.
Me. Lorinda Tobben het pas laat weet dat haar kleinseun, Keagan van Tonder (17), ’n leerling van HTS Middelburg, ook gisteroggend beroof is.
“Hy het asvaal by die huis aangekom en gesê: ‘ouma, ek het my nou byna doodgeskrik!”
Keagan het in sy eie woorde in ’n WhatsApp boodskap vir www.mobserver.co.za vertel wat gebeur het.
“Ek en my vriend (sy naam word op versoek weerhou) was om 06:40 op pad skool toe vanaf my tannie se huis by Jeppestraat, naby Laerskool C.R. Swart.”
Lees ook: HTS seun beroof op pad skool toe
In sy boodskap vertel hy dat ’n groep van vier mans in hul middel 20’s uit ’n veldjie aangestap gekom het.
“Hulle het net ons tasse gegryp en gehardloop na die treinspore se kant toe in Jeppestraat. Ek en my vriend het agterna gehardloop om hulle te probeer kry, maar hulle het, terwyl hulle hardloop, al ons boeke uitgegooi en net ons tasse en my foon gevat. Terwyl ons, ons boeke optel het ons hulle verloor, want ons kon nie by hou nie.”
Me. Tobben sê sy het Keagan gister uit die skool gehou, omdat hy so geskok was.
Van Keagan se boeke is weg en van die boeke wat op die treinspoor uitgegooi is, is beskadig.
“Hy het net nou die dag die skooltas as ’n geskenk gekry en moes vandag met ’n stukkende tas skooltoe!”
• Inwoners van Mineralia is raadop oor die misdaad wat toeneem in die Mineralia gebied, veral in hierdie area waar die seuns beroof is.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
