News

Prokureur se bakkie gesteel – verdagte vinnig vas

’n Man wat positief verbind word met ten minste 34 sake, waaronder voertuigkapings en diefstal van voertuie, is Vrydag op die N12 vasgetrek, nadat ’n prokureur van Belfast se bakkie in Middelburg gesteel is.

“Presies 15 minute nadat ek die verklaring afgelê het by die Middelburg Polisiestasie, het hulle my laat weet dat hulle my voertuig gekry het,” het mnr. Petri Badenhorst (prokureur, Belfast) gesê.

Hy het sy hare in Middelburg kom sny en ook ’n draai by die Middelburghof gemaak.

Lees ook: Car thieves make off with Nissan bakkies

Vandaar is hy na Ladida in Laverstraat om koffie te drink. “My voertuig is binne 15 minute gesteel.”

Die oomblik toe hy buite kom, het net sy bakkie se venster gelê op die plek waar sy Toyota Hilux GD6 4×4 dubbelkajuit bakkie gestaan het.

Sy Tracker opsporingstelsel is geaktiveer en ’n span van Tracker het saam met lede van die hoofwegpatrollie en die Delmas polisie blitsig gereageer.

Naby Redstar Raceway is die voertuig van die pad gedwing en ’n verdagte gearresteer.

Die verdagte word positief verbind met ten minste 34 sake van onder andere kapings en voertuigdiefstalle. Sy gesig word nie gewys nie, aangesien nog ondersoeke tans aan die gang is teen hom.

Volgens mnr. Raymond van Rooyen (Operasionele bestuurder, Tracker Mpumalanga) het ’n wit Fortuner ook weggejaag van die toneel af.

Die verdagte se gesig het vir hom bekend gelyk en hy het teruggegaan op sy ou foto’s en besef dit is dieselfde persoon wat uit ’n Prado gespring en weggehardloop het in 2018.

Hulle het die verdagte se ID dokument in die voertuig gekry, maar hy het weggekom.

Mnr. Van Rooyen sê dat hierdie persoon heel waarskynlik deel is van die bende wat die afgelope tyd ten minste een keer per week in Middelburg toegeslaan en voertuie gesteel het.

Net ’n week voor mnr. Badenhorst se voertuig in Laverstraat gesteel is, is nóg ’n voertuig in dieselfde straat gesteel.

Etlike dae voor daardie diefstal, op 20 April, is advokaat, JP Morton (van Polokwane) se Toyota Hilux voor die Middelburghof gesteel.

Lees ook: Advokaat se bakkie voor hof gesteel

Sy voertuig is dieselfde dag verlate in Daveyton, Benoni, gevind. Mnr. Van Rooyen is oortuig daarvan dat dieselfde groep, buiten die genoemde voertuie, ook die twee Nissan NP200’s by OH Frewin gesteel het vroeër vanjaar, want daar was ook ’n Fortuner, wat as uitkykvoertuig gebruik is, op die toneel.

• Die booswigte het groot skade aan mnr. Badenhorst se voertuig aan die binnekant aangerig in hul soektog na die opsporingstelsel. Hulle het ook reeds ’n vervalsde nommerplaat oor die oorspronklike nommerplaat geplaas.

Groot skade is aangerig in die voertuig om die voertuig aangeskakel te kry en om die Tracker opsporingstelsel buite aksie te probeer kry.

• Kapt. Carla Hartley (stasiebevelvoerder en skakelbeampte, Delmas Polisie) het bevestig dat die verdagte wat gearresteer is, positief verbind word met talle sake soos voertuigkapings en besit van gesteelde voertuie.

• Lesedi Moses Diale (37) het vanoggend in die Delmas hof verskyn in verband met die diefstal.

Daar was reeds vervalsde nommerplate oor die oorspronklike nommerplate gesit.

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button