News

Ubhetyan o Africa renoster skraap dronk man tydens rampartytjie

Die man het tydens sy aankoms alle vrywaringsvorms geteken en is tans in Life Midmed.

‘n Besoeker aan Ubhetyan o Africa wat ‘n renosterkoei met ‘n kalf “grassies probeer voer het,” is gister deur die koei aangeval en in die lug op geskiet “soos ‘n lappop”.

Ubhetyan eienaar mnr. Deon Cornelius vertel dat die man deel van ‘n groep was wat ‘n rampartytjie by die lodge gehou het.

Mnr. Cornelius was tydens die voorval elders besig met talle internasionale en Onderstepoort veeartse, wat op die wildsplaas was om leeus te help steriliseer.

Hy is eers later van die voorval meegedeel.

Die man het tydens sy aankoms alle vrywaringsvorms geteken en is tans in Life Midmed.

Volgens mnr. Cornelius is almal deeglik gewaarsku om van die koei en haar kalf af weg te bly.

Die man, “wat erg besope was,” is deur sy vriende afgeraai om die koei te gaan voer voordat hy gegaffel is.

Volgens ooggetuies het die koei die man die lug in gegooi en het hy skeef met die landingslag getrap.

“Ek verstaan sy voet is morsaf en dat dokters eers vandag behandeling gaan voortsit omdat hy te dronk was”.

Die voet het glo “net aan velle gehang”.

Die voorval het by ‘n groot grashoop, waar die renosters gebruiklik gevoer word, gebeur.

Ooggetuies het die man as Christo Herbst van eMalahleni geidentifiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button