News

Waar kom die giftige slange vandaan?

’n Giftige boomslang is in Madrasstraat, Eastdene, gevang.

Boomslange kom nie natuurlik in Middelburg voor nie. Dit is egter die tweede boomslang wat in ’n kort tyd hier gevang is.
Mnr. Bernard van der Berg het die slang Maandag in ’n motorhuis vasgetrek

Mnr. Victor Boshoff (voorsitter, Middelburg/LimPuma Herpetologiese Vereniging) sê dat hy bekommerd is dat daar die laaste ruk so baie giftige slange in die omgewing gesien word.

’n Maand gelede is foto’s van ’n reuse swartmamba in Middelburg geneem.
Dit was die soveelste swartmamba in die laaste 10 jaar wat in ons dorp afgeneem word.

Mnr. Boshoff het vertel van ’n takslang en kort daarna ’n boomslang wat in Aerorand gevang is. En hierdie week is daar weer ’n boomslang in die dorp gevang.
Beide hierdie slange kom nie natuurlik in Middelburg voor nie.

Lees berigte hier.

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/156372/takslang-hier-gevang/

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/157379/wie-smokkel-met-giftige-slange-in-middelburg/

Mnr. Boshoff sê daar kan baie redes wees waarom dié tipes slange in die laaste vyf jaar al hoe meer in Middelburg gesien word.
Aardverwarming is een van die redes.

Van die giftige slange kruip weg in voertuie en karavane, wanneer mense in areas soos Kwa-Zulu Natal, Limpopo (so naby as Loskopdam en Stoffberg en Steelpoort) en Mosambiek gaan vakansie hou.

Hulle het egter ook al mambas gevang by Presidentsrus, reg agter Olifants River Lodge.

Mnr. Boshoff sê mense wat dink hulle as lede van die Herpetologiese Vereniging weet nie waarvan hulle praat nie, moet net hul registers kom nagaan.

Hyself werk al 30 jaar met slange en sê dat, volgens hul registers en die destydse verspreidingsareas het slange soos swartmambas en takslange glad nie hier voorgekom nie.

“As jy kyk na ons registers, het ons voor tien jaar gelede glad nie hierdie slange in ons dorp gekry nie.”
Hy was nie verras dat ’n swartmamba ’n paar jaar gelede in Dennesig gekry is nie.

“Hierdie giftige slange kom in die Loskop area voor en, dit is my persoonlike mening, dat hulle in die klowe opkom. Dit is hoekom jy die slange ook by Presidentsrus kry.”

Wat vir hom baie interessant is, is dat die herpetologiese vereniging spesifieke slange in verskillende areas kry.

“As iemand bel oor ’n slang in Aerorand, dan wéét ons al dit is ’n pofadder. In Sentraal is dit meer rinkhalse en nagadders. In Dennesig was daardie een keer ’n mamba en ons het ook al ’n Mosambiekse spoegkobra daar gekry. Ons het ook al ’n paar Mosambiekse spoegkobras in Mhluzi gekry. Maar buiten Dennesig en Mhluzi, het dit nog nooit op ’n ander plek voorgekom nie.”

Inwoners word gewaarsku om nie self slange te vang nie, maar 082 697 9954 te bel of mnr. Van der Berg by 082 769 0227.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button