News

Seekoeie kuier weer lekker in rivier

Die seekoeie is terug in die Olifantsrivier!

Piet Wassenaar sê mense het hom oor die naweek laat weet dat hulle die seekoeie in die Olifantsrivier gesien het.

“Middelburg se seekoeie” soos mense die seekoeie gedoop het, het al wye draaie geloop vandat hulle vanaf die Klein Olifantsrivier opbeweeg het na die Olifantsrivier.

Lees ook: Seekoeie alweer kilometers verder

Die seekoeibaba is waarskynlik meegesleur, toe hulle oorbeweeg het na die Olifantsrivier toe, aangesien beide die Middelburg- en Witbankdam se sluise oop was.

Sedertdien is hulle gereeld in die Olifantsrivier opgemerk en het ook ’n dag of drie in twee plaasdamme buite eMalahlenli gekuier.

Lees ook: Seekoeie swerf steeds rond, byt gat in boot

’n Paar weke gelede het hulle opbeweeg Kriel se kant toe, waar hulle vir ’n hele ruk onderkant die Rietspruitdam gesien is.

“Hulle was in ’n sytak van die Olifants, in die Koolspruit gesien, waarna hulle weer afbeweeg het in die Olifants. Die naweek was hulle net buite eMalahleni onder die Doornpoortdam in die rivier,” sê mnr. Wassenaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button