News

Tot uit Vrystaat hulp vir bosbewoners

Die mense wat in die bosse bly naby die hoeke van Keiskamma- en Mandelastraat, het tot uit die Vrystaat hulp gekry.

’n Boer is bereid om Petrus (49) en Alida Venter (47) en Mark Smit (60) na sy plaas te neem en vir hulle ’n werkie en blyplek aan te bied.

Me. Judy van Deventer (Lewe in Liefde organisasie), wat gereeld vir hulle kos vat, sê ’n Middelburger het ook vir hulle kos bymekaar gemaak en sy gaan hom vanmiddag soontoe vat om dit self vir hulle te gee.

Die egpaar en hul vriend was paniekerig, aangesien die munisipaliteit hulle kennis gegee het om teen die einde van die maand weg te wees. Dit is munisipale grond.

Lees ook: Haweloses wat tussen bosse bly moet weg

Hulle bly die afgelope ruk in die bosse, aangesien hulle almal haweloos is en nêrens anders ’n holte vir hul voete kon vind nie.

Alles rondom hul seiltente was netjies met die joernalis se onverwagse besoek maar die vrees was duidelik sigbaar op hul gesigte waarheen hulle volgende moet trek.

Net Mark kry ’n ouderdomspensioen en probeer met sy karige geldjies vir hulle aldrie te sorg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button