News

Poker Run gaan kook by Stoom

Groot hand, klein hand, of Royal Flush? Hier word ’n pokerface gewys.

Die Royal Eagles Middelburg Motorfietsgroep bied Saterdag 5 November ’n Poker run aan.

Die motorfietse brul Saterdag by Stoom Pub & Grill nadat hulle die eerste kaart getrek het om die pokerhand te begin.

Die laaste motorfiets vertrek om 08:30 na Buksies 32 kilometer uit op die Loskopdampad waar hulle ’n verdere twee kaarte gaan trek.

Volgende op die roete is die rit na die Middelburg Rugbyklub waar die hand verder groei met een kaart.

Die roete sluit af wanneer die laaste kaart weer by Stoom getrek word om ’n volledige hand te hê.

Van daar af begin die opmeet van pokerhande waar daar ’n algehele wenner asook ’n tweede plek prys gaan wees.

Dis nie al nie!

Daar is ook ’n 49cc motorfiets wat opgeveil gaan word ten bate van Ride for a limb.
Die inskrywing vir die dag beloop slegs R80 per persoon.

President Stefan Pretorius (Splash) en Corné Pretorius (Shooter) bedank almal wat hard werk om die dag ’n sukses te maak.

Vir meer inligting kan Stefan gekontak word by 083 226 3978.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Hermie Pienaar

I am a young journalist who recently started working at the Middelburg Observer. My field of focus at Mobserver currently covers mostly sport activities. I have a very big passion for photography, music and online games. At this moment I am almost done with my first year in the studies of Theology.
Back to top button