News

Plaasaanvallers dreig om bejaarde se keel af te sny

’n Vrou is omstreeks 10:00 vanmore in haar plaashuis op Roossenekal deur rowers verras.

Me. Martie Richards is vasgebind en gedreig voordat die boewe die plaashuis geplunder het.
Sy is gevra vir kontant en haar bankbesonderhede is ook versoek.

Me. Richards se aanvallers het gewag tot haar seun Hannes die huis verlaat, voordat hulle toegeslaan het.
Me. Richards is nie ernstig in die voorval beseer nie maar het erge skok opgdoen.

Daar is onder meer gedreig dat die inbrekers haar keelaf sou sny, sou sy nie gehoor aan hul eise gee nie.
Die plaas is ’n klipgooi weg van die dorpie se Engelse laerskool.

Polisie is tans op die plaas besig met forensiese ondersoeke en die afneem van verklarings.

Lees ook: Bejaardes met pangas aangeval: ‘Dit was ’n bloedbad!’

• Die noue ontkoming volg op ’n brutale plaasaanval op ’n bejaarde broer en suster in Oktober.

Die 80-jarige me. Susan (Sannie) Luus, ’n welbekende oud-onderwyseres van Laerskool Uitkyk, bly haar lewe lank op ’n gedeelte van die Groot Rietvlei plaas. Haar dogter en skoonseun bly ook daar, maar hulle het die dag van die aanval vroeg vertrek Johannesburg toe vir werksverpligtinge.

Me. Luus se broer, Gert Joubert (66), het daar gekuier.

Beide bejaardes is met pangas aangeval en mnr. Joubert het later aan kopbeserings in die hospitaal beswyk.

Drie plaaswerkers, Mosambiekers, het kort voor 20:00 na die huis gegaan en gevra vir brandstof vir die kettingsae.
Mnr. Joubert het die deur oopgemaak, waarop hulle hom oorval het.

Mnr. Joubert is oor die kop en nek met die panga gekap en me. Luus is met die platkant van die panga geslaan.
Sy is op ’n stadium ook met ’n glasbak oor die kop geslaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button