News

Familie skuif beloning op na R200 000 om Willem te vind

Die familie van die vermiste Willem Kruger het die beloning vir inligting wat sal lei daartoe dat hy gevind word, opgeskuif na R200 000.

 

Mnr. Sakkie Louwrens (Bosveld Misdaad Ondersoeke), wat aan die stuur van die ondersoekspan staan, het bevestig dat die familie die beloning van R50 000 na R200 000 opgeskuif het.

Enige inligting kan aan hom deurgegee word by 071 798 7954, of Johan Ellis by 082 896 5331.

  • Willem het Sondag in die vroeë oggendure vanaf die Henbase Lodge tussen Morgenzon en Amersfoort verdwyn. Sedertdien is noodspanne besig om na hom te soek in die Vaalrivier, wat langs die lodge verbyloop.
  • Daar is onder andere gemeld dat die laagwaterbruggie oor die rivier by die lodge baie bedrieglik is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button