News

Willem het twee keer gebel voor sy verdwyning

Willem Kruger (29) het die nag van sy verdwyning die persoon met wie hy ’n kamer sou deel by die Henbase Lodge twee keer kort na 01:00 gebel.

Sakkie Louwrens (Bosveld Misdaad Ondersoeke) het vanoggend gesê dat hulle die ondersoek lei na die verdwyning van Willem Kruger.

Volgens mnr. Louwrens het hul ondersoek gewys dat Willem omstreeks 01:15 en daarna 01:30 sy vriend gebel het.
Sy vriend se foon se klank was egter afgesit en het hy nooit die oproep gehoor nie.

Mnr. Louwrens het bevestig dat hulle die selfoon- en die bakkie se opsporingstelselseine nagegaan het en dat dit nooit die area verlaat het nie.

“Ons weet nie hoekom hy sy vriend wou gebel het en wat hy daarna besluit het nie. Willem sou ook die aand daar oorslaap. Geen inligting wys daartoe dat hy die gebied verlaat het nie.”

•Daar word gevra dat mense wat inligting kan verskaf, om mnr. Louwrens te bel by 071 798 7954.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button