News

Trane en gebede op plaas waar daar vir Willem en sy familie gebid word

Emosies loop die hele tyd oor op die plaas waar daar gebid word vir 'n wonderwerk dat Willem Kruger veilig gevind word en ook vir krag vir sy familie.

Die gebedsgeleentheid word gehou op Willem se pa se plaas, Tian Kruger Boerdery, buite Groblersdal.

Me. Nicolette Pretorius is ook daar en sy, soos al die inwoners van Groblersdal en Marble Hall, het saam gaan bid.

“Almal druk mekaar en die trane loop. Ons kan net glo en bid.”

 

Die verrigtinge het om 18:30 begin en was daar steeds voertuie wat opgedaag het.

Die organiseerders van die geleentheid het gesê hulle “wil lewe spreek en bid vir ‘n wonderwerk.”

‘n Groot groep plaaswerkers is ook daar en bid saam met die gemeenskap.

Soos die groep mense aangegroei het, het almal mekaar se kerse begin aansteek.

Ds. Julian Olivier lei die spesiale geleentheid in gebed, wat gevolg kan word op die Facebookblad van “Ons soek Willem Kruger.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button