News

Willem en bakkie in Vaalrivier gekry

Willem Kruger (29) en sy bakkie is in die Vaalrivier gekry.

Willem het nege dae gelede verdwyn.

Privaat ondersoeker Mike Bolhuis het pas bevestig dat die bakkie, met Willem nog in die bakkie, om 10:45, deur die polisieduikers gekry is.
Die bakkie is net links van die Henbase lodge naby die laagwaterbruggie gekry.

“Ons wil op hierdie stadium net vra dat die familie se privaatheid gerespekteer word. Van my en my span se kant af, wil ons, ons innige simpatie en medelye uitspreek teenoor Willem se familie.”

Die bekende Mike Bolhuis.

 
Back to top button