News
Kyk hoe klouter dief oor muur vir tuinslang
'n Dief het helder oordag oor 'n muur geklouter om 'n tuinslang in Luttigstraat (Groenkol) te steel.
Die gemeenskap van Middelburg is keelvol vir al die diefstalle wat nou letterlik buite beheer is.
Lees ook: Almal se erwe nou leeg gedra
Alles waarop diewe hul hande kan lê word uit erwe weg gedra. Van tuinstoele tot tuingereedskap en ligte teen mure word eenvoudig net gevat.
Al die sekuriteitsfirmas en noodgroepe is dit eens dat dit meestal dwelmverslaafdes is wat steel om dit te verkoop vir dwelmgeld.
Lees ook: Ligstelers slaan toe by joernalis
• Daar word selfs artikels, soos plantjies, van grafte af gesteel om te verkwansel vir hul dwelmgewoontes.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
